RUGBY – Die Varsitybeker-reeks vir 2024 het gister op ’n hoogtepunt afgeskop met die Ikeys wat die Shimlas in Bloemfontein getroef het met 38 – 32 terwyl die Ixias darem op ’n wennoot kon wegtrek en die septer geswaai het met ’n telling van 23 – 19 teen UJ by die Sentrale Universiteit vir Tegnologie se sportgronde.

In die ander wedstryde het die Noordwes-Universiteit se Arende – wat die verdedigende kampioen is – die Maties in Stellenbosch gekelder met 23 – 12.

Die proefreëls vir duikslae bo die borsbeen het die momentum in diè wedstryd ietwat ontwrig maar die span van Potchefstroom het genoeg gedoen om uiteindelik ’n maklike oorwinning te verseker.

Die kragmeting tussen UWK en Wits was ’n drieëfees waar die Gautengers ook met 65 – 10 gewen het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×