RUGBY – Die Springbok veteraan Duane Vermeulen sal Suid-Afrika Saterdag teen die Wallbies aanvoer in die openingswedstryd in die Rugby Kampioenskaps-reeks op Loftus Versveld.
Die 37-jarige Vermeulen wat reeds 65 toetse op sy kerfstok het sal in die nommer 8 trui diens doen terwyl Jean Kleyn wat Ierland in 5 toetse verteenwoodig het ook sy buiging op slot gaan maak.
Manie Libbok en Cobus Reinach is die skakelpaar terwyl slegs 2 agterspelers naamlik Grant Williams en Damian Willemse op die plaasvervangersbank ingesluit is.
Diè wedstryd skop om 17:05 af.