RUGBY – Suid-Afrika se jarelange ysterman Duane Vermeulen het weereens tot die besef gekom hoe belangrik die Springbokke vir elke Suid-Afrikaner is en daarom alles in sy vermoë gaan doen om seker te maak hy is vir oulaas deel van die span vir die opkomende Rugby Wêreldbeker-toernooi later vanjaar in Frankryk.

Vermeulen was 2 jaar laas op tuisbodem in aksie maar gesê dat hy gefokus is om weer vir die Bokke te speel en alles gaan gee hetsy  op die reserwebank of jonger spelers gaan bystaan of ook moontlik met afrigting kan help.

Sy begeerte om die Bokspan te haal is so groot dat hy dit oorweeg om by ’n plaaslike klub in die Durbanville en Bellville streek aan te sluit om sodoende vir moontlike insluiting in Suid-Afrika se Rugby Wêreldbeker-groep te kan kwalifiseer.

Diè veteraan losvoorspeler wat die Bokke reeds in 63 toetse verteenwoordig het en ook dan in sy 3de Wêreldbeker-toernooi sal speel gaan egter strawwe kompetisie te wagte kan wees waar hy meeding met Jasper Wiese , Kwaggsa Smith en Evan Roos vir die nommer 8 trui.

Wêreldrugby se grootste skouspel skop op 8 September in Frankryk af met die tuisnasie wat teen die magtige All Blacks in die openingswedstryd sal speel.

 

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×