Wêreldrugby het drie Springbokke op hulle kortlys benoem vir die Speler van die Jaar toekenning.

Eben Etzebeth, Pieter-Steph du Toit en Cheslin Kolbe tel onder die Suid-Afrikaanse benoemdes.

Die enigste ander naam op die kortlys is die Ierse agsteman Caelan Doris.

Intussen is die jong Sacha Feinberg-Mngomezulu benoem vir Wêreldrugby se Deurbraak Speler van die Jaar saam met Nieu-Seeland se Wallace Sititi , Ierland se Jamie Osborne en Engeland se Immanuel Feyi-Waboso.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×