Drie van die Suid-Afrikaanse spanne het die afgelope naweek volpunte in die Verenigde Rugbykampioenskaps-reeks behaal.
Die Leeus het in swak weertoestande Zebre met 10 – 9 geklop, die Haaie het die Glasgow Warriors met 28 – 24 uitoorlê terwyl die Stormers met 34 – 19 oor Munster geseëvier het.
Die Bulle was egter die enigste verloorder die naweek nadat die Pretorianers met 22 – 23 teen die Scarlets die onderspit moes delf.
Albei spanne het drie keer gaan druk maar ’n ekstra strafskop aan die Drake het hulle ‘n waardevolle tuisveld oorwinning verseker.