Die voormalige president van die Westelike Provinsie-Rugbyunie Zelt Marais is vir 10 jaar uit rugby geskors.

Marais is ook ‘n opgeskorte boete van R50 000 opgelê en sal Saru se regskoste moet betaal.

Dit kom na hy skuldig bevind is op agt oortredings van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se gedragskode.

Die opgeskorte boete tel vir vyf jaar en hy sal die boete moet betaal as hy in die tydperk weer Saru se grondwet of gedragskode oortree.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×