Die voormalige Springbokvleuel, Raymond Rhule, gaan weens mediese redes uittree.

Die 32-jarige, wat twee maal die kampioenebeker gewen het met La Rochelle, sukkel die laaste ruk om te herstel van ‘n Achilles besering.

Rhule het die besering opgedoen gedurende sy span se voor seisoen voorbereiding in Augustus en daar was verwag dat hy vir vyf maande op die kantlyn sou wees.

Ongelukkig was daar struikelblokke met sy rehabilitasie, en dit blyk La Rochelle se wedstryd op 20 April 2024 teen Catres was sy laaste.

Rhule het in 2017 sewe Toetse vir die Springbokke gespeel en het ook Suid-Afrika op onder-20 vlak verteenwoordig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×