RUGBY  – Die voormalige Walliese skeidsregter Nigel Owens het ook sy stem dik gemaak oor die gebruik van tegnologie in wedstryde en meen skeidsregters moet nog self die groot besluite moet kan neem.

Owens  is wel ten gunste van die TV-skeidsregter verwysing maar voel dit moet net gebruik word waar dit “menslik onmoontlik” vir die skeidsregter is om ’n akkurate beslissing op die veld te kan maak. Hy het ook die voorbeeld van ’n vangnet gebruik wat onder ’n hoë koord tussen 2 geboue gespan word en genoem dat indien daar nie ’n veiligheidsnet is nie dit ’n persoon dan heeltemal gefokus sal hou ook om veilig aan die ander kant uit te kom.

*Die oudblaser Jaco Peyper wat nou die Bokke bystaan as reëlsraadgewer is ook van mening dat die “bunkerstelsel” beslis gehelp het waar ’n groep wedstryd beamptes ’n spesifieke geval op die veld weer in heroënskou kan neem om te bepaal of ’n speler na ’n rooi kaart opgegradeer gaan word of aldan nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×