RUGBY – Die Leeus het nie aan sy beginspan getorring wat die Stormers môremiddag op Ellispark in die Verenigde Rugbykampioenskaps-reeks die stryd aansê nie.    

Die enigste noodgedwonge verandering is gemaak aan die reserwe voorryspeler Sti Sithole wat weens harsingskudding vanuit die 23-tal onttrek is en nou deur Morgan Naude vervang word.

Die Stormers sal ook weer die wenmomentum wil terugkry nadat hulle laasweek onverwags teen Cardiff en ‘n bevooroordeelde skeidsregter vasgeval het. Met slegs ‘n 9% retensie van balbesit in die vastelos sal die Kapenaars ‘n veel beter vertoning wil lewer en hopelik met die maksimum punte kan terugkeer na die Moederstad.

In die ander Suid-Afrikaanse derby sal die Haaie ook teen die Bulle op Loftus Versveld in aksie wees nadat die Piesangboere ook nie verlede nie teen Ulster kon speel nie as gevolg van ‘n maagvirus wat die ronde onder die oorsese spanne gedoen het en diè wedstyde gekanselleer is.

Beide die Haaie asook die Leeus sal hul vertroue nou in die VRK stel om volpunte aan hulle te gee en ook dat diè wedstryde nie later in die seisoen oorgespeel hoef te word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×