Wedstryd bepalings van die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) is geskuif om ondersteuners ‘n geleentheid te gee om te fokus op die Curriebeker eindstryd.

Vanjaar se Curriebekerkampioene sal op 21 September gekroon word – die naweek wat die 2024/25 VRK afskop.

Die eerste wedstryde vir die Suid-Afrikaanse spanne sou plaaslike derbies wees, met die Haaie en Leeus wat mekaar sou pak in Durban en die Bulle wat sou afreis na Kaapstad om kragte te meet met die Stormers.

Volgens Netwerk24 sal daardie wedstryde later in die VRK-seisoen plaasvind.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×