Die seisoen vir die vroue rugbyspelers sal vroeg volgende jaar afskop om genoeg tyd te gee vir voorbereidings vir die 2025 Rugby Wêreldbeker-toernooi.

Die vroue Premierliga sal in Januarie afskop waar groep rondte wedstryde oor ‘n enkel rondte beslis sal word.

Daar sal nie ‘n halfeindrondte wees nie maar die twee voorste spanne op die punteleer na die groep rondte sal in die eindstryd op 28 Maart teen mekaar te staan kom.

Dit sal aan SA Rugby vyf maande gee om voor te berei vir die Rugby Wêreldbeker-skouspel wat in Engeland beslis sal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×