RUGBY – Die Vrystaat se senior vroue span is gereed vir die halfeindstryd van die 1ste Divisie teen die Limpopo Blou Bulle eerskomende Saterdag in die Toyota Stadion.
In die ander halfeindstryd speel die SWD Eagirls teen die Luiperds in George met diè kragmeting wat om 13:00 afskop.
Die Vrystaatse dames het hul plek in die laaste rondte van 4 bespreek toe hulle ook die Pumas die afgelope naweek met ’n rekord telling van 135 – 0 gestoomroller het.
Die hoofafrigter Anton Smith sal ook die finale 15-tal later vanaand bekend maak.