RUGBY –  Dit is weereens ’n propvol sportnaweek met veral die Curriebeker-reeks wat vir heelwat aksie gaan sorg.

Die Griffons pak die die Sharks later vanmiddag in Welkom terwyl die WP gasheer speel vir die Leeus in die Kaap.

Die wedstryd wat die rugby connoisseur egter gaan laat regop sit is die tweestryd tussen die Toyota Cheetahs en buurman die Griekwas môremiddag om 13:30 in die Toyota Stadion. Dit sal ook die Cheetahs se laaste tuiswedstryd wees waar diè span hopelik met ’n bonuspunt oorwinning teen die Poubloues kan wegstap.

In die laaste wedstryd van die naweek sal die verdedigende kampioen die Pumas ook hul veldtog terug op koers wil kry en speel tuis teen die Bulle. Die afskop vir hierdiè kragmeting is om 15:35.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×