RUGBY – Vir baie Suid-Afrikaanse rugbyondersteuners sal die briljante akteurspel van die Aussie skrumskakel Nic White nog vars in die geheue wees nadat diè Wallaby nommer 9 vroeër in die Rugbykampioenskaps-reeks ‘n besering nageboots het toe die Bok skrumskakel Faf de Klerk hom kwansuis teen die kant van die kop geklap het en die Blonde Baron met ‘n geelkaart van die veld af gestuur is.
In die afgelope naweek se toets teen Ierland het White hierdiè keer egter werklik ‘n besering opgedoen toe hy die vleuel Mack Hansen in die 2de helfte probeer platduik het en in diè proses het die sterflank Josh van der Flier se stewel hom per ongeluk teen die kop getref.
Die Wallaby nommer 9 is toe van die veld af vir die standaard harsingskudding-toets maar het agterna weer teruggekeer en nou wil Wêreldrugby weet waarom dit toegelaat is.
Altesaam 6 Aussies is die afgelope naweek in diè toets teen Ierland beseer en sal ook boonop sonder die losskakel Bernard Foley en slot Will Skelton moet klaarkom nadat diè spelers hul klubverpligtinge moet hervat en daar dus ook ‘n opdraende stryd wag op die Goue Truie wanneer hulle die Rooi Drake eerskomende naweek pak in die Principality Stadion in Cardiff.