Warren Gatland het as hoofafrigter van Wallis se rugbyspan bedank.
Gatland wat gekontrakteer was tot na die 2027 Rugbywêreldbeker se bevoegdheid was die laaste jaar ‘n groot gesprekspunt.
Na die afgelope naweek se 22 – 15 nederlaag teen Italië in die Sesnasies het die Rooi Drake nou 14 agtereenvolgende wedstryde verloor.
Luidens berigte vanuit Wallis is die Ier Simon Easterby en die Suid-Afrikaner en afrigter van die Glasgow Warriors Franco Smith die gunstelinge om die rol as breier oor te neem.