RUGBY –  Engeland se ervare toets-skeidsregter Wayne Barnes sal sake hanteer in die WB-eindstryd tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland.

Barnes is die 2de Engelse skeidsregter wat in ’n eindstryd sal blaas nadat landgenoot Ed Morrison in die geskiedkundige wedstryd van ’95 die fluitjie hanteer het wat Suid-Afrika ook teen die All Blacks gewen het met 15 – 12.

Die assistent-skeidsregters is Barnes se landgenote Karl Dickson en Matthew Carley terwyl nog ’n Engelsman Tom Foley die TV-monitor sal dophou.

Barnes was tot voor diè 2023 toernooi saam met Nigel Owens die gesamentlike rekordhouer met 4 verskynings by diè rugby skouspel.

*Die eindstryd tussen die Bokke en die All Blacks skop Saterdagaand om 21:00 af.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×