RUGBY – Die Engelsman Wayne Barnes wat ook verlede week in die WB-eindstryd die fluitjie hanteer het tussen die Springbokke en die All Blacks het besluit om halt te roep.
Dit was Barnes se 27ste WB-wedstryd in 5 toernooie wat ook ’n rekord is.
Barnes het in altesaam 206 toetse as TV-beampte , assistent-skeidsregter en skeidsregter opgetree en sien ook nou daarna uit om weer kwaliteit-tyd saam met sy familie deur te bring.