RUGBY – Die Wêreldbeker 2023 rugbytoernooi het ook uiteindelik aangebreek met 20 lande wat om die gesogte William Webb-Ellis trofee gaan meeding.
Die openingswedstryd skop vanaand om 21:15 (SA Tyd) af wanneer die gasheerland Frankryk en Nieu-Seeland mekaar gaan opdreun.
Tussen die Bokke , Wallabies en All Blacks is die trofee al 8 keer deur diè spanne gewen: 3 keer elk deur Suid-Afrika en Nieu-Seeland en 2 keer deur Australië.
Die Groen en Goud is in Groep B saam met Ierland , Skotland , Tonga en Roemenië en speel as die verdedigende kampioen Sondag in hul 1ste wedstryd teen Skotland om 17:45