RUGBY – Met die Wêreld skolerugbyfees wat vandag in Thailand afskop het Grey Kollege van Bloemfontein ’n sterk span gekies om Trinity School – een van Engeland se spogskole – die stryd aan te sê in hul openingsronde wedstryd.
Trinity is ook die wenners van die Nasionale Beker-reeks en sal beslis die Vrystaters toets wat self geen tekort aan talent in hul span het nie met 5 van hul spelers wat in Augustus teen Paul Roos Gimnasium uitgedraf het en ook in die begin 15-tal ingesluit is.
Dit gaan ’n harde stryd tussen die 2 bulspanne se agttalle wees maar Trinity sal ook nie agterlyn van Grey onderskat nie terwyl die Bloemfonteiners ook hul opponente met baie lugskoppe gaan peper om sodoende druk op die Engelse uit te oefen.
’n Suid-Afrikaanse Uitnodiginspan – die Rugby Travel-akademie – sal ook in die Ope-kompetisie in aksie wees terwyl die Odyssey-Uitnodigingspan te staan sal kom teen die sterk Nieu-Seelandse Hamilton Boys’ High in die eerste wedstryd van die dag.