Die Wêreldbeker sewestoernooi gaan na alle waarskynlikheid van die rugbykalender geskraap word.
Diè toernooi wat in 1993 die eerste keer in Edinburg , Skotland aangebied en toe in 2022 het Suid-Afrika die geleentheid gekry om die gasheer te wees. Dit het die aanvoerwerk gedoen vir die ontstaan van die Wêreldreeks in 1999 en wat ook deesdae as die SVNS-reeks bekend staan.
In 2016 het dit wel Olimpiese status verkry maar gaan egter nie by volgende jaar se Statebond Spele in Glasgow die lig sien nie.
Wêreldrugby het wel nog nie finaal bevestig het dat die sewestoernooi gaan wegval nie maar alle aanduidings is wel daar aangesien ’n gasheer vir die 2026 toernooi nog nie aangewys is nie.
Vrouerugby geniet ook tans ’n hoë prioriteit in Wêreldrugby en gebruik al meer van sy bronne om dit op hef in afwagting vir die volgende Wêreldbeker-toernooi in 15’s-rugby wat in Augustus en September in Engeland plaasvind.