Wêreldrugby het vyf nuwelinge in hulle heldesaal.
Die voormalige kaptein van Italië Sergio Parisse maak geskiedenis deur die eerste speler van dIè land om ‘n plek te werf.
Die 41-jarige het vir twee dekades toets rugby gespeel waar hy 142 keer vir Italië uitgedraf het, vyf Wêreldbeker-toernooie gespeel het en twee keer die Franse Top 14-titel met Stade Francais gewen het.
Die voormalige All Black-skrumskakel Chris Laidlaw, die Nieu-Seelandse sewes speler DJ Forbes, Australië se goue medalje wenner Emilee Barton en Skotland se Donna Kennedy is ook in die heldesaal verwelkom.