Die Western Force het in die eerste wedstryd van die Toyota Uitdaagreeks die Cheetahs met 38 – 24 in Bloemfontein Woensdagaand geklop.

Altwee spanne het vier keer gaan druk terwyl die buite senter en speler van die wedstryd Harry Potter self twee keer gaan grond koop het.

Die Opkomende Iere was ook teen die Pumas in ’n voorwedstryd in aksie en het met 36 – 24 die septer geswaai.

Die volgende wedstryd in diè Uitdaagreeks word weer eerskomende Sondagmiddag om 15:45 gespeel waar die Vrystaters die Griffons gaan aanvat.

 

error: Inhoud is beskerm !!