RUGBY – Die Suid-Afrikaans gebore Paul Willemse wat vir die Montpellier speel sal moontlik nie Frankryk se toer in Julie na Japan meemaak nie as gevolg van ‘n kniebesering wat hy opgedoen het.

Die 29-jarige bulslot wat 2,01m in sy sokkies staan en die skaal op 127kg laat kreun sal vir twee maande op die kantlyn wees nadat hy ligamente in sy knie geskeur het in Saterdag se verloorstryd teen Lyon.

Frankryk wat die Sesnasies-kampioen is sal op 2 Julie in die 1ste toets teen die Cherry Blossoms te staan kom met die finale kragmeting wat ‘n week later in Tokio gespeel sal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×