Die Westelike Provinsie het die Cheetahs ‘n groot guns gedoen in die voorlaaste ronde van die Curriebeker-reeks.
Die Cheetahs en Pumas sit in die vierde en vyfde plek op die punteleer, en die Pumas het die geleentheid gehad om die Cheetahs verby te vat.
Dit kom na die Vrystaat manne Vrydag met 44-31 vasgeval het teen die Griekwas.
Die WP was te sterk vir die Pumas in hulle ontmoeting Sondag by die Danie Craven-stadion in Stellenbosch, waar die streeptruie met ‘n 39-30 oorwinning spog.
Die Pumas en Cheetahs pak mekaar Saterdagmiddag in die laaste groep ronde wedstryd wat ‘n nie-amptelike kwarteindstryd ontmoeting sal wees.