RUGBY – Die WP en die Bulle sal ook nou die voorreg hê om Saterdag in die hoofwedstryd van die o.18 Cravenweek-toernooi mee te ding.
Die Ligbloues het met ’n skitterende oorwinning van 44 – 34 teen die Leeus verseker dat hulle die Streeptruie in die eindstryd gaan pak.
Die WP sal egter as gunsteling op die veld draf nadat hulle in 2022 en 2019 in vorige nie-amptelike eindstryde gespeel het en as wenner van die veld af gestap het terwyl die ou Noord-Transvaal skolespan in 1997 laas ’n oorwinning oor die Kapenaars kon behaal het.
Die eindstryd skop om 13:00 op die Hoërskool Outeniqua se A-veld af.