RUGBY – Die Springbokke se Wêreldbeker-veldtog het ’n vroeë terugslag beleef nadat Malcolm Marx sy kruisligament in ‘n oefening beseer het en ook nie verder deel van diè rugbyskouspel sal wees nie.
Volgens Jacques Nienaber is dit jammer om ’n speler van hierdiè kaliber te verloor maar beskik die span oor genoeg diepte op haker met Deon Fourie en Bongi Mbonambi terwyl Marco Eskom van Staden ook in die nommer 2 trui kan uitdraf.
Die Bokke speel nou eerskomende Sondagmiddag teen Roemenië in hul 2de wedstryd van die toernooi.
Die afskoptyd is 15:00.