RUGBY – Die Springbokke het Portugal met sprankel rugby Saterdag in Bloemfontein met ’n telling van 64 – 21 oorrompel.
Die Groen en Goud wat met 14 spelers moes klaarkom nadat die senter Andre Esterhuizen in die tweede minuut met ’n geelkaart gestraf is en toe opgradeer was na rooi het 10 keer gaan druk met Makazole Mapimpi wat ook ’n driekuns behaal het. Die Os Lobos het self met drie verdoelde drieë geantwoord.
*Die Wêreldkampioen se volgende ontmoeting is teen die Wallabies op 10 Augustus in Brisbane.