Rusland het gister gesê hy gaan voortaan van die standpunt af uit dat énige skepe in die Swartsee, wat na Oekraïne onderweg is, wapens aan boord het en dus bondgenote van Oekraïne is.

Die Verenigde Nasies, of VN, veroordeel intussen die Russiese aanvalle op Oekraïne se Swartsee-hawens ten sterkste.

Reuters berig die VN waarsku ook dat die vernietiging van burgerlike infrastruktuur, ’n skending van internasionale humanitêre regte kan beteken.

Die toename in Russiese aanvalle oor die Swartsee, volg nadat Moskou hom Maandag onttrek het aan ’n ooreenkoms om Oekraïense graan te laat uitvoer.

Rusland sê hy neem nou wraak vir Maandag se Oekraïense aanval op Rusland se brug na die Krim.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×