Sou Oekraïne se teenaanvalle op Rusland bly slaag, sal Moskou volgens ‘n voormalige president, ‘n kernwapen moet gebruik.

Dít luidens Reuters se verslag op dag 523 sedert Rusland Oekraïne ingeval het.

Die voormalige Russiese president, Dmitri Medwedef, het gesê Rusland sal kernwapens noodgedwonge moet inspan om te keer dat ‘n stuk van Rusland deur Oekraïne weggeruk word.

Volgens Medwedef, wie adjunkvoorsitter van Rusland se veiligheidsraad is, moet Rusland se vyande bid dat Russiese magte sukses behaal, sodat dit nie nodig raak dat hy hom tot kernwapens moet wend nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×