Dit is nou reeds ses maande sedert Rusland Oekraïne op 24 Februarie vanjaar binnegeval het. Die oorlog stu voort en het verreikende gevolge wat ook na die res van die wêreld uitkring. In die jongste aanval is 22 mense Woensdag dood toe ‘n Russiese vuurpyl ’n Oekraïense treinstasie getref het. Amptenare het gesê vyf van die slagoffers van die aanval in die oostelike dorp, Chaplyne, het in ‘n voertuig doodgebrand. ‘n Elfjarige seun is ook dood. Die Oekraïense President, Wolodimir Zelenski, het die aanval glo gedurende ‘n vergadering van die Verenigde Nasies se veiligheidsraad aangekondig. Zelenski het gesê ongeveer 50 mense is ten tyde van die aanval beseer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×