Rusland se eerste maansendingpoging in dekades, het misluk toe sy onbemande Luna 25-ruimtetuig teen die maan se oppervlak vasgevlieg het.
Rusland se ruimte-agentskap, Roscosmos, het gesê hy het Saterdag skuins voor drie die middag kontak met Luna 25 verloor.
Pogings wat Saterdag en gister aangewend is om kontak met die tuig te maak, het geen vrugte afgewerp nie.