Rusland sê sy inval van Oekraïne, is deel van ‘n groter stryd teen die Westerse Wêreld, wat Rusland op sy knieë wil bring. Voorts sien Rusland sy militêre optrede in Oekraïne, as ‘n militêre operasie, en nié as oorlog nie.
Reuters berig wêreldleiers, insluitend die Amerikaanse visepresident Kamala Harris, die Duitse kanselier Olaf Scholz en die Franse president Emmanuel Macron, is hierdie naweek in Switzerland byeen. Die vredesberaad het ten doel om internasionale steun vir die beëindiging van die oorlog te versterk.
Rusland se president Vladimir Putin se voorwaarde vir vrede word wyd deur die Weste verwerp. Hiervolgens sal Rusland sy militêre optrede staak, indien die dele van Oekraïne wat nou deur hom beset word, deel van Rusland word.