Rusland sê sy oorlog in Oekraïne is nou teen ‘n VSA-geleide Navo militêre alliansie en sy president, Vladimir Poetin, sien die oorlog in Oekraïne glo as ‘n oorlewingstryd teen dit wat hy as ‘n aggressiewe en arrogante westerse wêreld bestempel.
Steun aan Oekraïne het sedert Rusland Oekraïne op 24 Februarie ingeval het, in minder as ‘n jaar, amper stilweg tot ‘n enorme wêreldwye netwerk van Navo-lidlande uitgebrei.
Reuters berig een van Poetin se naaste bondgenote, het gister gesê Moskou veg nou teen die VSA-geleide Navo militêre alliansie.
Poetin glo dat die Weste besig is om te probeer om Rusland van die politieke wêreldkaart af te vee.
Volgens die bron sal Rusland nie skroom om alles in die stryd te werp om homself en sy mense teen enige vyand te beskerm nie.