Rusland sal skynbaar oor minder as ses weke reeds graan aan sekere Afrika-lande begin lewer.

Dmitri Patrushev, Rusland se minister van landbou, het Vrydag volgens die Interfax-nuusagentskap, gesê planne hiervoor is nou in ‘n finale stadium.

President Vladimir Poetin het in Julie skenkings van tienduisende ton graan aan Afrika-leiers beloof.

Burkina Faso, Zimbabwe, Mali, Somalië en Eritrea, is onder die Afrika-lande wat binnekort glo tot soveel as 50 000 ton gratis graan sal ontvang.

Antonio Guterres, hoof van die Verenigde Nasies, het hierdie skenkings as onbenullige aalmoese afgemaak.

Rusland se ooreenkoms met Oekraïne, om graan uit Rusland se Swartsee-hawens te verskeep, het in Julie tot ‘n einde gekom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×