Die Kremlin sê weerwraak wag op die VSA, nadat Rusland aangeval is met wapens wat glo deur Amerika aan Oekraïne voorsien is. Rusland sê vier mense is dood en nog 151 is in die betrokke aanval beseer. Volgens die Kremlin is die VSA besig om kinders in Rusland te vermoor deur sy wapenvoorsiening aan Oekraïne.
Spanning tussen Rusland en die Weste neem toe, sedert Rusland se 2022 inval van Oekraïne. Rusland waarsku dat hierdie spanning nou geëskaleer het tot sy gevaarlikste vlak ooit.