Die Russiese weermag word weer van oorlogsmisdaad beskuldig nadat ’n dam van kardinale belang Dinsdagoggend in Oekraïne gebombardeer is.

Maroela Media berig die dam is in ‘n Russies-besette streek in die suide van Oekraïne geleë.

Water uit die dam word aangewend vir die noodsaaklike verkoeling van Europa se grootste kernkragsentrale, sowat 150 kilometer daarvandaan.

Massas water vloei uit die beskadigde dam, terwyl kommer oor die veiligheid van die kernkragsentrale toeneem.

Die vernietiging van burgerlike infrastruktuur is ʼn oorlogsmisdaad.

Rusland beskuldig Oekraïense magte egter daarvan dat hulle sélf die dam opgeblaas het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×