Oekraïne het 31 missiele by Kijef onderskep wat deur Rusland gelanseer is.
Minstens 17 mense, insluitend ‘n kind, is beseer deur missiel-oorblyfsels wat vanuit die lug geval het. Dit is die grootste Russiese aanval in weke, en volg op ʼnvarklaring van
Moskou om onlangse aanvalle deur Oekraïne op sy grensstreke te wreek.
Oekraïne se president Wolodimir Zelenski het na die jongste aanval weereens ‘n dringende oproep gedoen vir meer militêre hulp van Westerse bondgenote.