Turkye se ministerie van verdediging sê Russiese amptenare het enige betrokkenheid by die missiel-aanval vanoggend op die Oekraïnse hawestad Odesa ontken. Die aanval word bestempel as ‘n groot terugslag vir gister se ooreenkoms om die verskeping van miljoene ton graan uit hawens in die Swart See te hervat. Die graan lê sedert Februarie in die hawens weens Rusland se inval in Oekraïne. Rusland en Oekraïne het die ooreenkoms gister in Turkye onderteken ten einde die wêreldwye voedselkrisis te verlig. Die VN-bemiddelde ooreenkoms behels dat ‘n koördineringsentrum in Istanboel opgerig word vir die verskeping van 20-miljoen ton graan. Die aanval op Odesa volg op Rusland se missielaanval vroeër op ‘n militêre vliegveld en treinspoor in in sentraal-Oekraïne waarin drie mense dood is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×