*** Die Russiese burger wat Vrydag by die OR Tambo internasionale lughawe in hegtenis geneem is toe hy met leeubene ter waarde van R400 000 betrap is, het gister in die landdroshof in Kempton Park verskyn. Maroela Media berig die 43-jarige Andrei Sjwedof staan tereg op ‘n aanklag van die oortreding van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur en Biodiversiteit, of Nemba. Hy het sakke met leeubene in sy besit gehad wat van ‘n vlug van Qatar-lugdiens afgelaai is. Verdere ondersoek dui daarop dat Sjwedof oppad was na Vietnam via Katar. Die saak is tot 11 Julie uitgestel vir ‘n aansoek om bortgtog. Die beskuldigde bly in aanhouding. Kapt Bonnie Nxumalo, woordvoerder van die polisie het gesê daar is tydens die voorlopige ondersoek bevind die bene is die karkasse van vyf leeuns.
