Die Russiese vragskip Lady R was in Desember in die Simonstad-vlootbasis se hawe om toerusting af te lewer wat al voor die Covid 19-pandemie deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag bestel is, het Thandi Modise, minister van verdediging en militêre veterane gesê. Netwerk 24 berig Modise het in ‘n skriftelike antwoord op ‘n parlementêre vraag van Kobus Marais, DA-LP herhaal wat sy voorheen gesê het, dat niks op die Lady R gelaai is nie. ‘n Onafhanklike paneel onder voorsitterskap van ‘n afgetrede regter is aangestel om die voorval te ondersoek en sal die finale verslag oor twee weke aan president Cyril Ramaphosa oorhandig.