RUGBY   Die Toyota Cheetahs het ’n goeie terugvegpoging geloods teen Clermont in Europese Uitdaagbeker-reeks maar teen die einde vasgeval met 27 – 22.

Die  besoekers het met die waterbreek 22 – 3 agtergeloop maar met 18 minute se speeltyd oor het die Vrystaters laer getrek en die  een aanval na die ander op die tuisspan geloods en was aan die einde ongelukkig om met 5 punte te verloor.

*Die Blitsbokke het onder leiding van die nuwe afrigter Philip Snyman ’n goeie begin gemaak by die Hong Kong 7’s deur hul 1ste  2 wedstryde te wen maar moes uiteindelik met die 6de plek tevrede wees nadat Fidji diè uitspeelstryd met 33 – 14 gewen het.

**Suid-Afrika se vroue span het ook weereens nie ’n goeie toernooi beleef en laaste geëindig nadat Spanje hul met 17 – 14 geklop het vir die 11de plek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×