Die hooggeregshof in Pretoria het gister Afriforum se aansoek van die hand gewys dat regulasies oor die verval van rybewyse hersien word. Dit beteken rybewyse bly steeds net vyf geldig, volgens Netwerk 24. Afriforum besluit nou of hy teen die uitspraak wil appelleer. Afriforum het aangevoer die Nasionale Padverkeerswet is strydig met die vyf-jaar geldigheidsperiode en dat dit geen ruimte laat vir ‘n regulasie wat bepaal dat rybewyse verval nie. Die aansoek is op ‘n tegniese punt van die hand gewys. Afriforum het in ‘n verklaring gesê Regter AJ Strydom het beslis Afriforum moes ‘n aansoek gebring het binne 180 dae nadat die betrokke regulasie 23 jaar gelede uitgevaardig is. Louis Boshoff, veldtogbeampte by Afriforum het gesê die beslissing is ‘n klap in die gesig van motorbestuurders in SA want die departement is nie instaat om rybewys kaarte betyds uit te reik nie. Hy het gesê die hof het nie met die meriete van die saak gehandel nie.   

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×