Om bedrieglike eksamens te voorkom gaan die padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) rybewystoetse digitaliseer. MyBroadband berig dat die RTMC besig is om ‘n elektroniese-toets-toepassing te ontwikkel.

Die toepassing, wat binne hierdie boekjaar geloods gaan word, sal geofencing en biometriese identifikasie vir beide aansoekers en eksaminatore gebruik.

In ‘n verdere poging om bedrog te voorkom, het die minister van vervoer, Barbara Creecy, gesê haar departement is besig om Smart Enrollment Units (SEU’s) by alle bestuurslisensie-toetssentrums uit te rol.

Die eerste fase van die SEU-projek sal die modernisering van die inskrywingsproses behels, deur dit met die Departement van Binnelandse Sake te integreer om aansoekers intyds te verifieer.

Verder is die RTMC ook besig om gerekenariseerde leerlinglisensietoetsie in sewe provinsies te ontplooi.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×