Suid-Afrika se vier spanne het gemengde welslae die afgelope naweek in die Verenigde Rugbykampioenskaps-reeks behaal.

Die Bulle het Ospreys met 29 – 19 in Swansea geklop terwyl die Leeus die Dragons se vlam geblus het met  ’n naelskraapse sege van 23 – 19 in Newport.

Die Stormers het na verlede week se spogvertoning teen Zebre hierdiè keer hulself gepootjie en met 7 – 38 teen Edinburgh die onderspit gedelf terwyl die Haaie op die spreekwoordelike piesangskil gegly het en met 10 – 38 teen Benetton vasgeval het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×