Die Nasionale Regeringskool het ’n leeruitruilprogram gereël waar staatsamptenare en openbare verteenwoordigers tot 27 Mei in China is.

Volgens die Staatskoerant bestudeer hulle hoe China sy staatsdiens gemoderniseer en geprofessionaliseer het.

Die program fokus op armoedeverligting en ontwikkeling, en word ondersteun deur China se Ministerie van Handel.

Minister Mzamo Buthelezi sê staatskapasiteit is noodsaaklik vir sosio-ekonomiese transformasie.

Hy verwelkom die program as ’n inspirasie vir hervorming.

Die uitruiling bied toegang tot spesialiskennis en vaardighede en is deel van breër internasionale samewerking om Suid-Afrika se openbare sektor te verbeter, soos voorgestel in die Nasionale Ontwikkelingsplan.

Die program is in vennootskap met China se Akademie vir Internasionale Besigheidsamptenare.

error: Inhoud is beskerm !!