Dokter Sean Davidson van Suid-Afrika is ‘n derde keer in hegtenis geneem weens sy betrokkenheid by genadedood. Professor Willem Landman het die bystanddoodaktivis se inhegtenisname in Brittanje aan Rapport bevestig. Davison en Landman is medestigters van DignitySA, en Landman dien steeds as ‘n etiekkenner in die organisasie se uitvoerende komitee.
Britse owerhede het Davidson in hegtenis geneem nadat hy onlangs ‘n 79-jarige vrou van Engeland na die Pegasos-kliniek in Switzerland vergesel het. Volgens Landman gaan genadedood moontlik binnekort dalk in dele van die Verenigde Koninkryk nie meer as misdaad beskou word nie. Davidson is na 30 uur in aanhouding op streng borgtogvoorwaardes vrygelaat.