Sekere besendings Benylin pediatriese stroop is gister deur Suid-Afrika se reguleerder van gesondheidsprodukte herroep.

Dié stap volg, nadat die reguleerder se Nigeriese eweknie bevind het die stroop bevat glo hoë vlakke van diethylene. Hoë vlakke van hierdie gifstof in hoesstroop, word sedert 2022 gekoppel aan die dood van dosyne kinders in Gambië, Oesbekistan en Kameroen. Hierdie sterftes word bestempel as een van grootste massa-voorvalle van vergiftiging deur orale medikasie.

Die Benylin-handelsmerk, wat voorheen aan Johnson & Johnson’s behoort het, is nou in die besit van Kenvue. Verdere ontledings word gedoen, en Kenvue sê hy werk saam met gesondheidsowerhede aan ‘n aksieplan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×