Suid-Afrika is die gevaarlikste land om in te bestuur. Die navorsing is wêreldwyd gedoen in meer as vyftig lande en daar is bevind dat Suid-Afrikaanse paaie die gevaarlikste is, juis omdat mense onder die invloed van drank bestuur. Maroela Media berig die Amerikaanse bestuursopleidingsgroep Zutobi, se jongste navorsing oor padveiligheid het verskeie faktore op 53 lande se paaie gemeet. Die navorsing is ook geskoei op inligting van die Wêreldgesondheidsorganisasie oor geskatte padsterftes in elke land. Daar is in Suid-Afrika 22,2 padsterftes per 100 000 mense in die land. Net Thailand het meer padsterftes met 32,2. Noorweë is die veiligste land om in te bestuur. Suid-Afrika vaar die swakste met padsterftes wat aan alkoholgebruik toegeskryf word. Meer as 50% ongelukke in Suid-Afrika is alkoholverwant. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×