“Julle sit ons in die tronk en julle dink ons ly? Nee, my broer, dit gaan baie goed met ons.” Dit is die woorde van Bornface Banks, ‘n gevange van die Goodwood-korrektiewe sentrum in die Kaap, wie se uitlatings in ‘n video vasgevang en versprei is.
Suid-Afrika is geskok nadat Banks in ‘n video op sosiale media oor die goeie lewe in die tronk spog.
Banks is op bewerings van ontvoering in hegtines geneem.
IOL berig dat daar intussen ‘n soekoefening uitgevoer is en dat beslag gelê is op die selfoon waarmee die video geneem is. Banks sal glo nou deur dissiplinere prosesse geneem word.
Dit kom etlike dae nadat die nuwe minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, onthul het dat dit die koste per gevangene R400 per dag beloop. Daar kan verder in die video gesien word hoe Banks oor sy goeie tyd uitbrei.
Kyk die volledige video hier: