Die land is weens die getal moorde wat daagliks plaasvind, in ‘n lae-intensiteit-oorlog gewikkel. Die polisievakbond, Sapu, het die boodskap gister aan LP’s in die polisie se portefeuljekomitee in sy voorlegging oor die polisie se jaarverslag vir die boekjaar 2022/2023 gesê. Die vakbond, Popcu, het gesê Suid-Afrika is een van die onveiligste lande in die wêreld. Netwerk 24 berig Bheki Cele, minister van polisie het in sy jaarverslag erken dit word al hoe moeiliker om misdaad te beveg en dat die polisie dit nie alleen kan doen nie. Die 70 tot 80 moorde per dag is meer as die burgerlikes wat gemiddeld per dag in die Oekraine sterf. Popcru is veral bekommerd oor die tekort aan sigbare polisiëring. ‘n Ander bron van kommer vir Popcru is dat 700 polisievuurwapens in 2022/2023 verlore gegaan het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×